Page 26 of 26 FirstFirst ... 16 24 25 26
Results 251 to 259 of 259
  1. #251
    User
    Join Date
    Feb 2011
    Location
    Where is my mind..?
    Posts
    13,357

    Default Re: Six SA soldiers killed in CAR - witness

    Sorry, Afrikaans only.

    Respect.

    http://www.beeld.com/opinie/2013-05-...-dertien-geval

    Só het dertien geval

    Dana Snyman

    Dinsdag 07 Mei 2013


    Die Slag van Bangui in die Sentraal-Afrikaanse Republiek was een van die hewigste veldslae waarby Suid-Afrikaanse soldate al betrokke was. Dana Snyman het gesels met kol. William Dixon, wat in bevel was.



    Vir kol. William Dixon is die Slag van Bangui in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) nog nie heeltemal verby nie. Hy dink nog knaend daaraan.

    “Ek is trots op my troepe,” sê hy. “Daar was nie een geval van die weiering van wettige opdragte of van lafhartigheid nie. Nie een van hulle het weggehardloop nie.” Anders as die SAR se presidensiële troepe, wat glo gevlug het toe die eerste skote klap.

    “Ek weet nie hoekom is die publiek so negatief oor ons soldate nie. Mense sal verbaas wees as hulle sien hoe patrioties en toegewyd ons troepe is.”

    Die hele tyd terwyl Dixon praat, wip sy linkerknie op en af.

    Hy het besluit om die eerste keer sy storie te vertel, want in die laaste ruk is allerhande, volgens hom, onwaar bewerings gemaak oor die Slag van Bangui, soos dit in die binnekringe genoem word.

    “Party mense sê ons het teen kindersoldate geveg. Dis nonsens, man. As daar kinders op die slagveld was, het ek hulle beslis nie gesien nie.”

    Dis ’n koel Saterdagoggend, presies drie weke ná die slag, en ons sit aan ’n tafeltjie in ’n restaurant in Centurion. Langs hom sit sy vrou, Brenda, met wie hy al meer as 20 jaar getroud is.

    “Ander sê weer ons het nie genoeg ammunisie gehad nie. Dis ook snert,” sê Dixon. Hy rits die name af van die wapens en hoeveel ammunisie gebruik is: Sowat 12 000 skote is met 12,7 mm-masjiengewere geskiet, en meer as 200 mortierbomme is gelanseer. Dan was daar nog die sowat 60 vuurpyle en die derduisende skote wat met die kleiner masjiengewere geskiet is.

    Die gesaghebbende militêre kenner Helmoed-Römer Heitman meen die Slag van Bangui is een van die hewigste veldslae waarby ons weermag al betrokke was.

    Dixon (48) stem saam. Hy is al die afgelope 31 jaar ’n beroepsoldaat.

    Eers was hy in die infanterie; later by 1 Valskermbataljon in Bloemfontein. Hy het lank diens gedoen in die operasionele gebied in die ou Suidwes en Angola.

    Hy hét al voorheen oorlog gesien.“Bangui was ’n skrikwekkende ervaring.”

    Hy laat sak sy kop en kyk na sy hande wat voor hom op die tafel rus.

    “Die slag het die Vrydagmiddag begin. Die Sondagoggend, toe ek ná ’n bietjie rus opstaan, het ek nie gedink ons gaan oorleef nie.

    “Ek het in die donker gestaan en bid, en gesê: ‘Hemelse Vader, as U my vat, vat my gou.’ ”

    Hulle was omsingel deur tussen 3 000 en 7 000 rebelle.

    Dixon is in Januarie na die SAR gestuur.

    Hy en sy sowat 200 troepe het opdrag gehad om die reeds ontplooide Suid-Afrikaanse Weermag-kontingent daar te gaan bystaan. Oor die politiek rakende die SANW se betrokkenheid in die SAR wil hy hom nie uitlaat nie.
    Hy is ’n soldaat, nie ’n politikus nie.

    Aanvanklik het alles taamlik kalm en rustig verloop by hul basis in Bangui, die hoofstad van die SAR.

    “Die bevolking het ons met ope arms ontvang. Drie plaaslike mense het ook as arbeiders vir ons in die basis gewerk
    .
    “Een se naam was Lucienne. Hy was so ’n kortetjie, met yslike groot voete. Hy het altyd plakkies gedra.”

    “Vertel van die predikant,” por Brenda hom aan.

    “ ’n Plaaslike predikant het vir ons kerk kom hou. Ons het later vir hom twee blikke verf geskenk sodat hy sy kerk daarmee kon verf. Baie van my soldate is toegewyde Christene.”

    Maar mettertyd het die spanning in Bangui en die res van die land toegeneem. Die sogenaamde Seleka-rebelle was besig om die beheer van die land oor te neem, en François Bozizé, die land se president, het na Kameroen gevlug.

    En toe, op Vrydag 22 Maart, breek die geveg tussen die Seleka-rebelle en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-kontingent uit – die geveg waarin 13 Suid-Afrikaanse soldate dood en 27 gewond of beseer is.

    Die Slag van Bangui.

    “Die troepe wat dood is . . .” Dixon bly ’n rukkie stil en verander dan die gesprek se rigting. “Ek het vir drie dae byna niks geslaap nie. Jy gaan net aan en aan. By tye was ons en die rebelle teenaan mekaar.

    “Al my troepe was swart. Daar was net een wit outjie. Smittie. Smittie en so ’n groot Portugees, Blackbox, was buddies. Blackbox was in 32 Bataljon.

    “Hy en Smittie was verantwoordelik vir die veiligheid van die HK-voertuig waarop ek was. Hulle is onafskeidbaar, Smittie en Blackbox.

    “Op ’n kol, toe dit ’n bietjie stiller gaan, sê Smittie vir my: ‘Kolonel, my mes is weg.’

    “Ek dag toe: ‘Smittie, ná alles wat gebeur het, gee ek nie ’n donner om wat met jou mes gebeur het nie. Maar ek vra toe maar: ‘Nou wat het met jou mes gebeur, Smittie?’

    “Toe antwoord Smittie: ‘Ek het dit in iemand se borskas in gedruk en toe vergeet ek dit daar, Kolonel.’

    “Smittie het nie ’n cowboy probeer wees nie. Dís hoe naby ons aan die vyand gekom het. Een van die rebelle wou Smittie met die geweer se kolf slaan.”


    Die 13 soldate is almal by die sogenaamde Y-kruising doodgeskiet. Dit is buite Bangui waar die pad na Damara uitdraai. “Die geveg by die Y-kruising was hewig. Een van my sersante het daar ses rebelle geskiet, terwyl hy self swaar in die been gewond is. Ons het hom aanbeveel vir ’n medalje.”

    ’n Finale besluit moet nog geneem word, maar daar word aanbeveel dat minstens 20 van die soldate wat aan die slag deelgeneem het, ’n hoë eerbewys vir dapperheid en leierskap ontvang.

    “Ons kon nie dadelik al die lyke uit die gebied naby die Y-kruising kry nie. Ons het teruggeval na die basis toe, en toe is ons omsingel. Die rebelle was goed bewapen. Hulle het buitelandse hulp gehad.

    “Die Sondagoggend, toe ek daar in die basis staan en bid, toe kom Lucienne by my. ‘How are you?’ vra ek hom. Toe bars hy in trane uit. Hy huil dat hy so snik, want hy het van ons troepe geken wat geskiet is.”

    Later die Sondag het van die rebelleleiers na die basis gekom en met Dixon-hulle begin onderhandel vir ’n skietstilstand.
    Teen 21:00 was die geveg verby.

    “Ek het net een keer gehuil in die hele storie. Dis toe ek in die siekeboeg kom ná die tyd. Weet jy hoe lyk ’n slagplaas? Dis hoe ’n siekeboeg lyk ná so ’n slag.

    “Dit was ook ’n gesukkel om al die lyke te kry. Ek het my laaste €140 vir ’n burgerlike gegee wat kom sê het hy kan een van die lyke vir ons bring, mits ons hom betaal. Toe gee ek vir hom die geld en sê: ‘Dè, vat die geld. Bring net my man vir my.’ ”

    Hoewel daar in die SAR selfoonontvangs was, was daar tydens die slag nie veel tyd vir Dixon en sy troepe om Suid-Afrika toe te bel nie.

    “Ek het my bevelvoerder in Suid-Afrika gebel,” sê Dixon, “maar ek het vir hom gesê hy moenie vir Brenda sê wat is besig om te gebeur nie.”

    Hy en Brenda het die gewonde troepe wat na 1 Militêre Hospitaal in Pretoria gebring is, gereeld gaan besoek.

    Brenda het selfs vir hulle pannekoek gebring. Hy en Brenda het ook die begrafnisse van die gesneuwelde troepe bygewoon.

    “Ek het persoonlik met hul families gaan praat. Die ouers met wie ek gepraat het, was nie een vol haat of woede teenoor die regering nie.

    “Ons het ’n taak gehad om te doen, en ons het dit goed gedoen.”
    [b]Be ready for anything, and if his head is not at least two meters away from the body, do not 'assume' he is dead and out of the fight.[/b] [I]- Ikor[/I]

  2. #252
    User
    Join Date
    Jan 2011
    Location
    George - Western Cape
    Age
    39
    Posts
    6,275

    Default Re: Six SA soldiers killed in CAR - witness

    Proudly South African.

  3. #253
    User
    Join Date
    Apr 2011
    Location
    Limpopo.
    Posts
    314

    Default Re: Six SA soldiers killed in CAR - witness

    All things considered, our boys performed well when it counted, they can be very proud. I have to admit when I first heard about how our boys fought back I was amazed; this was the same SANDF that was so pathetic and ill disciplined etc. Just goes to show there will always remain some pockets of excellence.

  4. #254
    User
    Join Date
    Sep 2011
    Location
    Strand
    Age
    38
    Posts
    10,408

    Default Re: Six SA soldiers killed in CAR - witness

    Quote Originally Posted by Wolf777 View Post
    All things considered, our boys performed well when it counted, they can be very proud. I have to admit when I first heard about how our boys fought back I was amazed; this was the same SANDF that was so pathetic and ill disciplined etc. Just goes to show there will always remain some pockets of excellence.
    I admit that I would be lying if I didn't say I am surprised at the level of fight in a SANDF unit, even one like the Parachute battalion...respect indeed, and credit given where it is due.

  5. #255
    User
    Join Date
    Feb 2011
    Location
    Where is my mind..?
    Posts
    13,357

    Default Re: Six SA soldiers killed in CAR - witness

    Funny how petty crap flies out the window when the bullets come flying in hey.
    [b]Be ready for anything, and if his head is not at least two meters away from the body, do not 'assume' he is dead and out of the fight.[/b] [I]- Ikor[/I]

  6. #256

    Default Re: Six SA soldiers killed in CAR - witness

    "Op ’n kol, toe dit ’n bietjie stiller gaan, sê Smittie vir my: ‘Kolonel, my mes is weg.’ “Ek dag toe: ‘Smittie, ná alles wat gebeur het, gee ek nie ’n donner om wat met jou mes gebeur het nie. Maar ek vra toe maar: ‘Nou wat het met jou mes gebeur, Smittie?’ “Toe antwoord Smittie: ‘Ek het dit in iemand se borskas in gedruk en toe vergeet ek dit daar, Kolonel.’ “Smittie het nie ’n cowboy probeer wees nie. Dís hoe naby ons aan die vyand gekom het.”

    Bad breath distance.

  7. #257
    User
    Join Date
    Jun 2010
    Location
    Port Elizabeth
    Age
    56
    Posts
    6,736

    Default Re: Six SA soldiers killed in CAR - witness


  8. #258
    User
    Join Date
    Jul 2013
    Age
    49
    Posts
    2,035

    Default Re: Six SA soldiers killed in CAR - witness

    This is going to bite Zuma in the arse!

  9. #259
    User
    Join Date
    Nov 2010
    Age
    37
    Posts
    2,290

    Default Re: Six SA soldiers killed in CAR - witness

    Jislaaik things just never stop with Zuma, he must surely be the biggest mafia boss in the world.


    Sent from my iPhone using Tapatalk

Page 26 of 26 FirstFirst ... 16 24 25 26

Similar Threads

  1. Do you need a witness for license?
    By GorillaClown in forum Firearm Licensing and Re-licensing
    Replies: 4
    Last Post: 26-06-2015, 15:22
  2. Tanfoglio Witness 45 ACP magazines
    By HAREGAT in forum Accessories Wanted (Parts, Magazines, Stocks, Scopes, Reloading etc.)
    Replies: 2
    Last Post: 16-08-2011, 21:33

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •