Results 1 to 3 of 3
  1. #1
    User
    Join Date
    Jun 2010
    Location
    Port Elizabeth
    Age
    57
    Posts
    6,740

    Default Army base comander going to jail:18yrs after the fact

    *One of those gems:

    (article in Afr)

    Rower in bevel by basis

    Eers ná 18 jaar vasgevat




    Erika Gibson
    Woensdag 16 Oktober 2013






    ’n Weermagkolonel wat 18 jaar gelede ’n gewapende rooftog op ’n polisiekantoor in die Oos-Kaap uitgevoer het, gaan vir die eerste keer tronkstraf daarvoor uitdien.


    ’n Lasbrief is Maandag uiteindelik uitgereik vir die arrestasie van kol. Nceba Patrick Bobelo. Sy appèl teen sy tronkstraf-vonnis het reeds in 2001 misluk.


    Nóg die weermag nóg die departement van justisie kon teen gister verklaar hoekom Bobelo, bevelvoerder van die weermag se gesamentlike taktiese hoofkwartier in Mpumalanga, die tronk tot nou vrygespring het.


    Niemand kon gister sê waar Bobelo of sy vrou, brig.genl. Winnie Bobelo, hulle bevind nie. Sy is verbonde aan die weermag se gesamentlike operasiesentrum in Pretoria en het self nie ’n vlekkelose geskiedenis nie.


    Die militêre polisie se spesiale ondersoekeenheid is boonop besig met ’n ondersoek na verskeie beweerde ongerymdhede by kol. Bobelo se hoofkwartier in Nelspruit.


    Hy sou Suid-Afrika eersdaags by die Verenigde Nasies se verifikasie-meganisme om vergrype in die Demokratiese Republiek van die Kongo te ondersoek, gaan verteenwoordig het.

    Kol. Bobelo, destyds ’n kaptein, was een van vier aangeklaagdes wat skuldig bevind is ná die rooftog op 6 Maart 1995 by die Ntabethemba-polisiekantoor in die Oos-Kaap toe twee polisiemanne oorval en verskeie vuurwapens gebuit is. Die vier is almal tot 12 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan drie jaar voorwaardelik opgeskort is.

    Een van die vier se appèl het in 2001 geslaag, maar Bobelo en die ander twee moes toe dadelik hul tronkstraf begin uitdien het.


    In sy geval het dit nie gebeur nie. Pleks daarvan het hy in die volgende 12 jaar tot die rang van kolonel gevorder.


    Beeld het sowat twee maande gelede oor Bobelo se betrokkenheid by die rooftog berig. Volgens Tsepo Ndwalaza, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Oos-Kaap, is daar ná die berig ’n navraag van die weermag ontvang om uit te vind waarom Bobelo geen tronkstraf uitgedien het nie.


    “Ons het dadelik ’n aansoek by die hooggeregshof in Bisho ingedien om ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming uit te reik.


    “Dié saak het verlede week voor die hof gedien. Bobelo het die dringende aansoek teengestaan, maar die hof het sy besware van die hand gewys.


    “ ’n Senior staatsadvokaat het die polisie opdrag gegee om die lasbrief uit te voer.


    “Hoekom Bobelo geen tronkstraf uitgedien het nie, kan ek nie antwoord nie aangesien dit buite ons jurisdiksie val. Die departement van justisie is dáárvoor verantwoordelik.”


    Dié departement het ondanks ’n skriftelike navraag teen druktyd nie gereageer nie.


    Ook in die weermag was daar gister verwarring oor waar Bobelo is en wat sy huidige status is. By ’n vergadering in Mpumalanga, waar hy gisteroggend die voorsitter moes wees, is die teenwoordiges bloot ingelig dat hy “afwesig” is.


    Sy vrou was vandeesweek ook nie by vergaderings wat sy in Pretoria moes bywoon nie.
    . . .
    Bobela-egpaar se verlede


    Kol. Nceba Bobelo is twee maande gelede op verpligte verlof geplaas weens etlike ondersoeke na hom. ’n Generaalsondersoek na hom is aan die gang, asook ’n ondersoek deur die inspekteur-generaal, Verdedigingsinligting en die militêre polisie se spesiale ondersoekeenheid.


    Beweerde onreëlmatighede wat tot dié militêre ondersoeke gelei het, sluit in reis- en verblyfbedrog; die wanaanwending van ’n BBP-voertuig; en ’n rits misdrywe op die basis in Nelspruit wat verantwoordelik is vir die bekamping van oorgrensmisdaad aan die Mosambiekse grens.


    • Brig.genl. Winnie Bobelo is reeds aangekla van die wanaanwending van honderdduisende rande vir verbeterings aan haar militêre huis sonder die nodige finansiële magtiging;


    • Brig.genl. Bobelo se twee motorbestuurders, Isaac Vele en Daniel Nefolovhodwe, is aangekla van die moord op genl.maj. Tirhani Maswanganyi van die polisie op 12 Junie by Hammanskraal; en


    • Die egpaar se seun het ook al brig.genl. Bobelo se militêre voertuig gesteel en in ’n winkelmuur in Thaba Tshwane vasgery. Die saak teen haar is heropen om haar te dwing om die weermag te vergoed vir skade aan die voertuig

  2. #2
    User
    Join Date
    Oct 2012
    Location
    Petoorsdorp
    Age
    42
    Posts
    6,719

    Default Re: Army base comander going to jail:18yrs after the fact

    Must be fun having this kind of sheltered employment and access to state assets. I do hope the fun ride ends. And by "end" I don't mean that he or she gets parole for a life-threatening illness only to play golf for 20 years...

  3. #3
    User
    Join Date
    Jun 2010
    Location
    Port Elizabeth
    Age
    57
    Posts
    6,740

    Default Re: Army base comander going to jail:18yrs after the fact


Similar Threads

  1. The fact that I am sitting here...
    By ravingDIODE in forum Small Talk
    Replies: 13
    Last Post: 24-05-2014, 21:10
  2. Someone is going to land in jail!
    By md.hatter89 in forum General Discussion
    Replies: 38
    Last Post: 21-04-2014, 22:45
  3. Another mass shooting at Fort Hood Texas army base
    By krieger in forum General Discussion
    Replies: 44
    Last Post: 10-04-2014, 11:02
  4. .223 Intresting fact
    By T Rex in forum General Discussion
    Replies: 28
    Last Post: 04-05-2011, 09:03

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •