You say dont buy a gun to protect yourself, but rather rely on the police to do that... What about what happened here? I do accept that the police do save a lot of lifes and the police prevents a lot of farm attacks etc. But they can't be everywhere and infrastructure etc are all going backwards in this country. With the Rands value going down and prices of everything going up, crime will also go up.
I say get a gun and protect yourself. Still phone the police but if ever they can't make it in time, or NOT AT ALL, use your gun!


''n BEKENDE egpaar in Vrystaatse omgewingskringe is gisteroggend vroeg in hul huis op ’n kleinhoewe buite Bloemfontein beroof en met ’n hamer aangeval. Savvas en Sheila Vrahimis (albei 61) is gister vir kopwonde in die Mediclinic Bloemfontein behandel.
Sheila het ten tyde van die aanval die Bainsvlei-polisiekantoor gebel, maar lede aan diens het gesê hulle het nie ’n voertuig beskikbaar nie. (How bad is that)

Juwele, ’n rekenaar, selfone en ’n rewolwer word in dié stadium uit hul huis vermis.
Sheila, ’n voormalige lektor aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se departement geografie, sê sy het ’n ruk voor middernag nog televisie gekyk toe die krag skielik afgaan. Sy het toe besluit om te gaan slaap.
“Die hond was baie rusteloos en ek het  lank  gesukkel om tot ruste te kom.”
Toe die egpaar kort ná middernag weer wakker skrik, het hulle selfoonliggies reg rondom hul bed gesien.
“Daar was twee mans aan my kant en twee aan Savvas se kant,” sê Sheila.
Die aanvallers het hulle albei hard met ’n hamer oor die kop geslaan. Een van die booswigte was met ’n mes bewapen en het gedreig hy gaan Savvas se keel afsny.
Hulle het Savvas, wat by die Vrystaatse departement omgewingsake en toerisme werk, se een arm en been aanmekaar vasgemaak en vir Sheila voortdurend deur die huis gevat op soek na waardevolle besittings en geld.
Savvas, wat ná ’n beroerte al vir ’n jaar met siekverlof is, sê die mans het al die kaste uitgegooi en die huis omgekrap.
Ná ’n lang soektog het hulle die kluis opgespoor en Sheila beveel om dit oop te sluit.
Sheila sê die aanvallers was so oorweldig met die juwele en gewere in die kluis dat sy toe die kans gevat het om te ontsnap.
Sy het die buurvrou wakker geklop wat die polisie gebel het.

“Die polisie het gesê hulle het nie voertuie nie,” sê Sheila.
Raadop het sy die 2 km tot by die Bainsvlei-polisiekantoor kaalvoet aangedurf. ( Belaglik )

“Bloed het oor my hele gesig gestroom,” sê sy.
By die polisiekantoor moes sy steeds vir ’n wyle op ’n polisiemotor wag. Sy sê daar het ná ’n geruime tyd uiteindelik een opgedaag.
“Ek het net heeltyd gedink hulle gaan my man doodmaak.”
Met die polisie se aankoms op die toneel het die aanvallers reeds gevlug.
Savvas het gelukkig nie verdere beserings opgedoen nie.
Hy sê een van die mans het wel in ’n stadium ’n gelaaide rewolwer, wat hulle in die kluis gevind het, teen sy kop gehou en gevra wat sal gebeur as hy die sneller trek.
Savvas het intussen ook stilletjies sy dogter, Nikola, gebel wat in Johannesburg woon en sy het onmiddellik die polisie en familie ontbied.
Chaka Marope, polisiewoordvoerder, sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Hy sê ’n klag van huisbraak en diefstal word ondersoek''


Nee wat GFSA, julle weet nie waarvan julle praat nie. Julle kan dalk nou se kyk hy is amper met sy eie wapen geskiet. Dit is dalk so in die geval. Maar hy was nie paraad nie. Hoekom was die wapen in sy kluis? As hy paraad was is ek seker hy sou die hamer swaaiende inbrekers kon verjaag, en niks sou gesteel gewees het nie, asook hulle sou nie nou in die hospitaal gele het nie. Is dit nie waar nie of is ek nou die een wat nie weet waarvan ek praat nie?