from our local news paper groenkol is an area in middelburg where house prices start at around 1.5M so not poor people just sick. I just had my son 10 days ago so can't imagine a perant doing this to a child.

http://mobserver.co.za/41591/ouers-e...ders-kyk/Ouers

Ouers eet, kinders kyk…Inwoners is gewalg deur nog ‘n geval van erge mishandeling van drie kindertjies in Groenkol.Gerhard Rheeder | January 24, 2016Internet image. Internet image.Die ouers van die kinders, ‘n dogtertjie van agt, seuntjie van nege maande en sy boetie van sewe dae oud, het Donderdag in die kinderhof verskyn op aanklag van kinderverwaarlosing, nadat die babatjie Woensdag onder die welsyn en polisie se bewaking in die intensiewe sorgeenheid van Midmed Hospitaal opgeneem is weens wanvoeding en dehidrasie.Die baba se nege maande oue boetie is ook uit die ouers se sorg verwyder en beide seuntjies is reeds in veilige bewaring by geskikte ouers geplaas, hoewel die baba nog minstens ‘n week in die hospitaal behandel sal word.Daar word ‘n beroep op die gemeenskap gedoen vir finansiële hulp om die baba se hospitaalkostes te dek, terwyl Marna Cronjé, die welsynswerker oor die saak, ook vra vir priem-doeke vir die baba, en nommer twee doeke en ses tot nege maande babaklere sowel as #2 Lactogen melk vir die onderontwikkelde boetie.Daar word tans naarstigtelik gesoek na ‘n gepaste plek van veiligheid vir die dogtertjie (Agt) wat op die vlak van ‘n tweejarige funksioneer, omdat sy nog nooit die binnekant van ‘n kleuterskool of laerskool gesien het nie.Die dogtertjie bevuil haarself steeds en is emosioneel en intelektueel jare agter kinders van haar ouderdom.Die hulp van die polisie moes Woensdag, toe die kinders uit hul ouers se sorg verwyder is, ingeroep word, omdat die kinders se ouma gedreig het om die familie se honde op die welsyn los te laat. Naas die versoeke vir melk, doeke en klere wou me. Cronje niks verder oor die skokgeval sê nie, behalwe dat “die saak in die hande van die kinderhof is en die kinders se identiteite beskerm moet word”. Sy het wel bygevoeg dat die seuntjies nié beskikbaar is vir aanneming nie, en beide reeds by gepaste veiligheidshuise uitgeplaas is.Verskeie bronne, soos een van die veiligheidsouers, en bure van die egpaar, het egter wel vertel van die ernstige mishandeling waaraan die kinders onderwerp is.“Ek het nog nooit in my lewe so vuil huis gesien nie, die nege maande babaseun lê kaal op die vuil matte omdat die ouers kwansuis nie geld het vir doeke of kos nie, maar drank en sigarette is daar altyd in die huis,” vertel ‘n bron.Verskeie aanbiedinge van inwoners om vir die agtjarige se skoolkostes en benodigdhede te betaal, is telkens deur die ouers van die hand gewys.Die pa, wat wel werk het, se verskoning was dat hy die meisie van “onheilighede by die skool,” wil beskerm.Die welsyn het Woensdag onmiddellik ‘n ambulans ontbied, om die siek seuntjie na die hospitaal te jaag, waar hy in die intensiewe sorgeenheid opgeneem is.Naas erge ondervoeding en ontwatering is die kind ook siek van geelsug, wat die ma vir Middelburg Hospitaal susters waar sy behandel is na die bevalling, gesê het sy sal tuis behandel.Die baba is vroeg op 14 Januarie op die agtersitplek van die kar gebore waarmee die ma hospitaal toe is.Na ontslag is die kind na bewering selde deur sy ma gevoed en ‘n ingeligte bron sê “kosdonasies wat gereeld aan die gesin gemaak word, word deur die pa (in sy 40’s) en ma (in haar vroeë 30’s), voor die kinders verorber, en hulle sit en kyk”.Die plaaslike weldoener wat R60 000 vir die noodhelikopter wat klein Aiden Roberts (18-maande), na die Garden City Hospitaal in Johannesburg vervoer het, na sy verdrinking in Mei, het Woensdag ook R8000 gaan inbetaal by Midmed vir die baba se behandeling.Die pleegouers in wie se sorg hy geplaas sal word, dek ook tans sy mediese kostes en die pa, van twee aanneemkinders en ‘n ander pleegbaba, sê ander inwoners het ook reeds hul beursies oopgemaak om te help met hospitaalkostes.Doeke, vir premature babas en nommer twee vir die ouer boetie, sowel as blikmelk en klere, kan by die SAVF Welsynskantore by die Izak Badenhorstsaal, afgelaai word. Die kantoor kan ook gebel word by 013 282 4413.Kontant donasies vir die baba se hospitaalbehandeling kan direk by Midmed inbetaal word, of by die hopitaalrekening: Middelburg Private Hospital – FNB – Global Transactional Serviced – Rekeningnommer 62329139605 – takkode 255005 – met verwysing: 280784. Bewys van inbetalings kan gefaks word na 086 592 5685.