Results 1 to 6 of 6
-
24-09-2014, 07:09 #1
No record of hundreds of thousands of firearms
Note that this excludes:
- 70,000 firearms that were handed out in KZN and Transkei to the Inkata FP for self-defence – post 1994 of which only 3000 were ever recovered.
- the surrender of firearms from various groups and individuals of the ANC firearms which have never been accounted for. Access to ANC HQ was conveniently denied and no one had the guts to try and go in.
http://www.beeld.com/nuus/2014-09-23-geen-rekord-oor-vuurwapens-van-voormalige-tuislande
'Geen rekord oor vuurwapens van voormalige tuislande'
LLEWELLYN PRINCE Dinsdag 23 September 2014
Daar is geen rekord oor wie die honderdduisende vuurwapens wat destyds in die voormalige tuislande gelisensieer is, besit of waar die wapens nou is nie.
Die skokkende inligting is Dinsdagoggend in Pretoria onthul toe lede van die portefeuljekomitee die Sentrale Vuurwapenregister (SVR) in die hoofstad besoek het.
Komiteelede het gehoor daar is twee datastelsels met inligting oor wie vuurwapens in die land besit, maar dat dit nie met mekaar verbind is nie.
Francois Beukman, voorsitter van die portefeulje-komitee, het die situasie as onaanvaarbaar beskryf “veral in die lig van geweldsmisdade in Suid-Afrika wat al hoe meer met vuurwapens uitgevoer word”.
“Ons kan nie 'n situasie toelaat waar misdaad met wettige en onwettige vuurwapens buite beheer raak nie. Vuurwapens van die voormalige tuislande moet op die sentrale stelsel kom. Dit is na 20 jaar onaanvaarbaar. Ons moet weet wie die eienaars van vuurwapens in die land is.
“Ons benodig vinnig tegnologie om te verseker dat ons een en 'n korrupsievrye stelsel vir alle vuurwapens in die land het,” het hy gesę.
Dit was net een van verskeie skokke wat aan die die LP’s onthul is oor die chaos waarin die SVR, waardeur alle aansoeke vir vuurwapenlisensies moet gaan, gedompel is.
Genl.maj. Bransby Luke, SVR-bevelvoerder, en sy provinsiale verteenwoordigers het onder meer ook aan komiteelede onthul hoe:
■ 'n personeeltekort hul funksionering inperk en verhoed dat personeel op verlof kan gaan uit vrees vir agterstande wat te groot kan raak;
■ probleme met die liasseringstelsel wat veroorsaak dat derduisende aansoeke vir vuurwapens landwyd of verlore raak of in stapels in gange by die SVR-gebou in Pretoria stof vergader;
■ die stelsel toelaat dat dieselfde vuurwapen in al nege provinsies gelisensieer kan word;
■ daar vir tot soveel as agt verskillende polisiestreke net een voertuig beskikbaar is; en
■ skuiwergate in huidige vuurwapenwetgewing dit moontlik maak vir een persoon om tot 120 vuurwapens te kan besit.
Verder ontlas en urineer boemelaars en daklose mense ook reg voor die SVR-hoofkantoor, wat dit vreeslik laat stink.
Die komitee het belowe om onmiddellik aanbevelings te maak wat die chaos by die SVR kan regruk.
http://www.beeld.com/nuus/2014-09-24-chaos-met-wapens
SÓ SLOER LISENSIES
Chaos met wapens
LP-monde hang oop toe hulle warboel sien
LLEWELLYN PRINCE Woensdag 24 September 2014
’n Polisie-offisier stap gister verby vuurwapenlisensie-aansoeke in ’n gang by die SVR in Pretoria. Foto: DEAAN VIVIER
Terwyl die jongste misdaadstatistieke toon dat veral geweldmisdade “onaanvaarbaar” hoog is, veroorsaak algehele chaos by die sentrale vuurwapenregister (SVR) dat die polisie bykans geen beheer oor vuurwapens het nie.
Die parlementęre portefeulje-komitee oor polisie het gister dié skokkende stand van sake ontdek toe hulle die SVR in Pretoria besoek het.
Chaotiese tonele het komiteelede in die SVR-gebou begroet met duisende nuwe en voltooide vuurwapenlisensie-aansoekdokumente wat weens ’n gebrek aan stoorplek, in hope op gangvloere, tafels, rakke en kantoorvloere gestaan het.
Komiteelede het dit as ’n brandgevaar beskryf.
Verder het die SVR ook nie ’n permanente hoof nie nadat die vorige een weens korrupsieverwante bewerings in die pad gesteek is.
Personeel het gister ook gekla oor die stank van urine en ontlasting weens haweloses buite die gebou, terwyl hulle ook deur rotte en voëlluise geteister word.
Die komitee was by die kantore as deel van hul besoek om die polisie se geskiktheid om misdaad landwyd doeltreffend te kan beveg, te assesseer.
Francois Beukman, voorsitter van die komitee, het gesę daar is ’n sterk verband tussen geweldmisdade en vuurwapens.
Komiteelede se monde het egter verder oopgehang in skok en ongeloof toe genl.maj. Bransby Luke, waarnemende SVR-bevelvoerder, en sy provinsiale adjudante openlik erken het hulle weet ook nie wat van honderdduisende vuurwapens geword het wat destyds in voormalige tuislande gelisensieer is nie.
Komiteelede het gehoor dat daar nie ’n enkele databasis vir vuurwapens, wat bogenoemde moet insluit, in Suid-Afrika bestaan nie.
Beukman het dit as onaanvaarbaar beskryf.
“Ons kan nie ’n situasie toelaat waar misdaad met wettige en onwettige vuurwapens buite beheer raak nie.
“Daar moet ná 20 jaar van demokrasie van vuurwapens uit die voormalige tuislande verantwoording gedoen kan word. Ons moet weet wie almal vuurwapens in die land besit.”
Dianne Kohler Barnard, lid van die komitee, verkyk haar gister aan die toestande van die polisieselle van die Sunnyside-polisiekantoor in Pretoria. Behalwe daarvoor was sommige komiteelede baie beďndruk met dié polisiekantoor. Foto: DEAAN VIVIER
Komiteelede was verder geskok toe onthul is dat:
■ ’n reuse-personeeltekort die verwerking van vuurwapenaansoeke erg kniehalter;
■ meer as 39 000 polisiebeamptes self nie permitte het om vuurwapens te hanteer nie;
■talle polisiebeamptes by polisiekantore wat vuurwapenlisensies hanteer nie behoorlik opgelei is om dit te doen nie;
■ ’n problematiese liasseringstelsel veroorsaak dat derduisende lisensie-aansoeke verlore raak;
■ die stelsel toelaat dat dieselfde vuurwapen in al nege provinsies gelisensieer kan word; en
■ skuiwergate in huidige vuurwapenwetgewing dit moontlik maak vir een persoon om tot 120 vuurwapens te kan besit.
Die komitee het ’n beroep op genl. Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, en haar topbestuur gedoen om dadelik planne te bespoedig vir ’n gekonsolideerde rekenaarstelsel en ’n skoon, korrupsievrye vuurwapendatabasis vir doeltreffende vuurwapenbeheer.
Die SVR moet ook voor 7 Oktober ’n gedetailleerde regruk-plan aan die komitee voorlę.
Die polisie-sekretariaat moet ook binne drie weke wysigings voorlę om skuiwergate in vuurwapenwetgewing verder te verhinder. Die komitee sal later dringende aanbevelings aan die parlement oorhandig.
Dianne Kohler Barnard, DA- woordvoerder oor polisie, het die SVR-gebou as “absoluut walglik” beskryf.
■ Die komitee het gister ook die Sunnyside-polisiekantoor in Pretoria besoek.
“Die onlangse styging in ernstige misdaad is vir ons kommerwekkend en ons wil weet wat die situasie op polisiekantoorvlak is,” het Beukman aan die polisiekantoor se bestuur gesę.
Verskeie komiteelede was openlik beďndruk met die werk wat by Sunnyside gedoen word.Last edited by Wanderin' Zero; 24-09-2014 at 07:13.
-
24-09-2014, 07:16 #2
- Join Date
- Jun 2014
- Location
- Pretoria
- Age
- 65
- Posts
- 899
Re: No record of hundreds of thousands of firearms
And what about the weapons that come illegally into SA across the borders? surely this will push the numbers up. My feeling is the GFSA will do very little about the illegal FAs but will continue hammering the legal FAs to support the Ruling party.
-
24-09-2014, 07:19 #3
- Join Date
- Dec 2009
- Location
- JHB
- Age
- 41
- Posts
- 3,005
Re: No record of hundreds of thousands of firearms
But no, Adele says we civilian hoop jumping gun owners are the problem. ...
-
24-09-2014, 07:21 #4
- Join Date
- Apr 2012
- Location
- At the abyss, having a staring contest.
- Posts
- 906
Re: No record of hundreds of thousands of firearms
Aaaaaand there is the effect that GFSA's onerous and impractical firearm law has. Hopefully they listen to our side this time so that an actual workable solution can be found. Those stacks would disappear, if you licence the person and register the weapon.
-
26-09-2014, 12:54 #5
- Join Date
- May 2014
- Posts
- 2,076
Re: No record of hundreds of thousands of firearms
Makes one wonder - what is the point of even registering firearms in the first place.
How does "knowing who owns firearms" curb crime?
I'm still looking for the explanation for that. If anyone finds it, please let us know?
-
26-09-2014, 17:20 #6
- Join Date
- Aug 2012
- Location
- Centurion
- Age
- 61
- Posts
- 442
Re: No record of hundreds of thousands of firearms
It does not. It makes confiscation easy tho. It make it easy to know your target, and easy to know what you up against. Look at it from ANC point of view, most firearms owners are thought of as not voting ANC, so they dont care as your vote is against them anyhow.
So all of this is political and idealogical. Firearms and socialism do not sit well together. GFSA is just a convenient lapdog, its emotional stance plays into the hands of the politicians.
Rgrds
Fight or die
Similar Threads
-
Thousands of FA's listed for Destruction
By Slaaibak in forum General DiscussionReplies: 41Last Post: 25-06-2014, 16:44 -
Hundreds of passengers found with guns
By njvdwesth in forum General DiscussionReplies: 6Last Post: 04-11-2013, 19:49 -
Hundreds of police guns lost
By Carbine in forum General Firearm DiscussionReplies: 1Last Post: 27-09-2012, 07:50 -
Thousands of police technically in the illegal possession of their firearms
By FrankH in forum Firearm Licensing and Re-licensingReplies: 5Last Post: 10-12-2011, 07:46
Bookmarks