Results 1 to 4 of 4
  1. #1
    User
    Join Date
    Nov 2009
    Location
    Behind the sights
    Posts
    1,194

    Default Deur glasdeur, red ma van 2 rowers

    I will search for an English version.
    Deur glasdeur, red ma van 2 rowers
    ‘Ek is net bly sy leef nog’

    Jody Nel

    Dinsdag 07 Mei 2013

    Stefan Rutte vertel hoe hy twee gewapende rowers verjaag het wat sy ma, Juliette, beroof het.

    ’n Johannesburgse man het deur ’n glasdeur gehardloop en homself gesny in sy haas om sy ma tydens ’n rooftog te red.
    Twee gewapende mans het Juliette Rutte (62) Vrydagmiddag 15:00 in haar motorhuis in Northcliff oorval.
    Sy dink hulle het onderdeur die motorhuisdeur gerol terwyl dit afgesak het.
    “Een man het heeltyd ’n vuurwapen in my gesig gedruk. Ek het dit weggestoot en gesê hulle moet my nie skiet nie.”
    Sy is oor die kop en in die gesig geslaan.
    Haar seun Stefan (25), wat vroeër as gewoonlik tuis was, het die lawaai gehoor. “Ek het deur die venster gekyk en die twee gewapende mans gesien,” het Stefan vertel.
    Hy het gesukkel om die glasdeur na sy woonstel oop te sluit. Hy het sy arm per ongeluk deur die glas geslaan en dwarsdeur gehardloop.
    Albei arms is gesny en hy moes later 20 steke kry.
    Stefan het sy pa, Fred, wat intussen ’n Colt .45-rewolwer uit die kluis gehaal het, by die voordeur gekry.
    “My pa het ’n harttoestand, so ek het die vuurwapen gevat en na die motorhuis gehardloop.”
    Stefan het geskrik toe hy die gewapende rowers sien, maar nie gehuiwer om hulle te konfronteer nie.
    “Dit is my ma. Ek sal enigiets vir haar doen. Ek is net bly dat sy nog leef.”
    Die rowers het hom gesien en weggehardloop. Hulle het Juliette se ringe gebuit.
    Die tuinwerker het intussen geskree daar is “tsotsi’s” op die werf.
    Stefan se broer, Sven (28), wat in ’n huis langsaan bly, het sy vuurwapen gegryp en oor die tuinmuur gespring.
    Die broers het die rowers agternagesit. ’n Skietery het uitgebreek, maar niemand is gewond nie. Polisielede in die omgewing kon een van die vermeende rowers vastrek.
    “Stefan het my lewe gered,” het Juliette gesê.
    Sers. Linganathan Andrew, polisiewoordvoerder, het gesê die gearresteerde man is van poging tot moord en gewapende roof aangekla.
    Die broers is volgens hom nie in die moeilikheid weens die skietery nie omdat hulle uit selfverdediging opgetree het.

  2. #2

    Default Re: Deur glasdeur, red ma van 2 rowers

    Quote Originally Posted by ravingDIODE View Post

    Colt .45.... Isn't that a 1911? I have never heard of a .45 caliber revolver. Only .44
    search "S&W Model 625", arguably the most sought after revolver for sport shooting...but it is OK, now you have heard about it :) Well done to the Boets!

  3. #3
    User
    Join Date
    Mar 2011
    Location
    Durbanville, Cape Town
    Posts
    5,721

    Default

    Just googled it, now that is the type of revolver i would want :D

    Sent from my GT-I9100 using Tapatalk 2

  4. #4
    User
    Join Date
    Feb 2013
    Location
    GP
    Age
    50
    Posts
    3,870

    Default Re: Deur glasdeur, red ma van 2 rowers

    Well done. In future don't have it in the safe. But good to have it...

Similar Threads

  1. Landdrost deur Bischoff safe information
    By BuckRogers in forum General Discussion
    Replies: 13
    Last Post: 29-12-2014, 21:37
  2. Twee rowers tydens JHB-huisbraak doodgeskiet.
    By Hein R in forum Lives and Property successfully defended with guns
    Replies: 4
    Last Post: 11-10-2014, 07:40
  3. Die drukking deur AG Visser
    By DirkB in forum Stront Praat
    Replies: 5
    Last Post: 31-03-2014, 19:48
  4. Boewe skiet vrou deur kas - Afrikaans
    By h0stag3 in forum General Discussion
    Replies: 1
    Last Post: 07-08-2013, 07:33
  5. BEELD: PA STERF NA HY TWEE ROWERS SKIET
    By STREETRACER in forum General Discussion
    Replies: 4
    Last Post: 30-01-2013, 12:01

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •