SAJWV Thabazimbi uitnodiging:


SAJWV Thabazimbi “Gong-Shoot” 2 Augustus 2014 vanaf 8h00 die oggend in samewerking met die jaarlikse Landbou-Skou.

Terwyl mamma en kinders ‘shop’, peusel en al die vermaak te skou mee-maak gaan ons skuts hul staal wys te skietbaan met die gewere!



Slegs R50 per skietbeurt. Die skietdag vind plaas te Koos Cronje Skietbaan. Bandjies vir skietbeurte kan by skou kantoor van SAJWV Thaba verkry word of te skietbaan self. Skietbaan is geleë rigting oos uit op 13de Laan rigting Spitskop, aan die regterkant. Aanwysings borde sal ook aangewend word vir hulp.


Lekker pryse op die spel! Prys uitdeling sal geskiet te Landbou-Skou gronde om en by 16h00. Ingang te skou slegs R50.



Veilige berging beskikbaar te skou vir wapens insamewerking met SAPS en Ikatiseng Sekuriteit by SAJWV Thaba kantoor te skou gronde.



Vir meer inligting oor die dag se prettighede kan U gerus vir Nols te 0832804512 (of per e-pos nypelser@gmail.com) of Gert te 0828532054 kontak.

Mense ons daag julle uit om jul vernuf te meet teen ons bosvelders!

Sien uit na jul bywoning.

Beste Groete
SAJWV Thabazimbi