Page 1 of 2 1 2 LastLast
Results 1 to 10 of 15
  1. #1
    User
    Join Date
    Jul 2009
    Location
    Doornpoort/Pretoria
    Age
    46
    Posts
    655

    Default As die poppe dans: 'n ope brief aan die reënboognasie

    As die poppe dans...
    'n Hele klomp mense en selfs 'n paar poppe is deesdae in bekgevegte betrokke oor die Nuwe Suid Afrika, die Ou Suid Afrika en alles tussenin wat die laaste 300 jaar gebeur het. Dit het my laat dink aan perspektief en hoe verskillend mense 'n persoon, groep of selfs gebeurtenis kan beskou.
    Kom ons vat nou maar vir Shaka Zulu: 'n Moordende, plunderende Koning wat 'n skrikbewind gevoer het en die verwoesting veroorsaak het van etlike stamme in die Noord-Oostelike deel van die land...of...die grootste en magtigste Zulu Koning wat ooit geleef het, wat oorlogvoering vervolmaak het en bekend was vir sy briljante taktiek en tegnologies gevorderde wapentuig?
    Die Kolonialisering van Suid Afrika deur die Britse Ryk: Het dit geleerdheid gebring aan die inheemse swart stamme, westerse beskawing gevestig en die land so ontwikkel dat dit die beste infrastruktuur in Afrika gehad het...of...was hulle moordende, plunderende slawe handelaars wat die klasse stelsel ingestel het en gebruik gemaak het van goedkoop inheemse werksmag om die land te plunder van minerale en ander rykdom, vir die groter glorie van die Britse Ryk?
    Die Boerevolk: 'n Nasie wat nog altyd net selfbeskikking verlang het en om 'n land te he waar hulle onafhantlik kan bestaan. Waar hulle kan werk, speel en dien in hulle eie taal, kultuur en geloof. 'n Nasie wat die grond liefhet en koester en wat dit bearbei om produktief te wees...of...is hulle 'n nasie van diewe wat die grond gesteel het van die stamme wat hier woonagtig was en daardie stamme onderwerp het aan 300 jaar se armoede en verdrukking?
    Sommige sal sê dat FW de Klerk 'n Held is, omdat hy 'n siviele oorlog vermy het en gehelp het om demokrasie te vestig en om die reënboognasie tot stand te bring. Ander sê reguit hy is 'n veraaier en dat hy die bloed van al die soldate wat op die grens gesterf het op sy hande het.
    Die argument teen Steve, Dan, Sunette en mense soos hulle, is dat hulle almal ondersteuners is van Apartheid en waarvoor daardie stelsel gestaan het. Hulle is dus rassiste. Hulle hoort nie in die nuwe bestel nie. Ek het egter nog nêrens gelees, of gehoor, dat Steve, Dan, Sunette of mense soos hulle prontuit sê dat Apartheid goed was en dat hulle dit terug wens nie. Bewys my verkeerd...
    Ek lees wel dat hulle, en mense soos hulle, verlang na die wet en orde wat geheers het in die land. Die uitstekende infrastruktuur wat ons gehad het, en onderhou het en vervang het soos nodig. Die effektiewe staatsdiens in vergeleke met nou, die lae misdaad en korrupsie vlakke.
    Ek lees gereeld van hulle, en mense soos hulle, wat ook gedroom het van 'n Nuwe Suid Afrika, waar Apartheid tot niet gemaak word en almal vir eens gelyk kan wees. Waar projekte geloots word om voorheen benadeelde gemeenskappe te help ontwikkel, om nuwe infrastruktuur te bou om almal te akkomodeer en te help met almal se ontwikkeling sodat ons gelyk kan kom.
    Waar gelyke indiensneming en Regstellende Aksie hand aan hand werk, bedoelende dat waar twee werkers met gelyke kwalifikasies aansoek doen vir 'n pos, die voorheen benadeelde persoon die pos eerder sou kry.
    Steve, Dan, Sunette en mense soos hulle het nog nooit gesê dat voorheen benadeelde persone nie verdien om gelyk behandel te word nie, om top poste te kry, of dat projekte geloots word om agterstande uit te wis nie. Hulle maak wel beswaar teen omgekeerde rassisme, waar wette aktief toegepas word wat sê: "Blacks only!" Hulle maak beswaar teen verkeerde toepassing van Regstellende Aksie en waar infrastruktuur nou in duie stort as gevolg van die vervanging van bekwame wit werkers deur onbekwame voorheen benadeelde werkers, teen swak dienslewering wat daaruit spruit. Dit was nooit die droom van die Nuwe Suid Afrika nie.
    As dit joú droom is, om in só 'n land te bly, waar die infrastruktuur letterlik inmekaar tuimel om ons, waar misdaad buite beheer is, korrupsie bedryf word tot die hoogste vlakke en rasistiese wetgewing aktief toegepas word teen 'n minderheid om rykdom te versprei in plaas van nuwe rykdom te skep...dan sê ek jy is niks anders as 'n terroris nie, want dít is die doelwit van terroriste.
    As werkers aangestel word op bekwaamheid in plaas van velkleur
    As die regering korrupsie daadwerklik aanspreek
    As infrastruktuur onderhou word en selfs uitbrei
    As misdaad aktief bekamp en beveg word
    As dienslewering 'n prioriteit word
    Dan, en slegs dan, dink ek dálk sal Steve, Dan, Sunette en mense soos hulle ook begin deel voel van hierdie wonderlike land waar almal 'n deel kan bydrae en help bou aan hierdie reënboog nasie van ons.

  2. #2
    User
    Join Date
    Jul 2009
    Location
    Doornpoort/Pretoria
    Age
    46
    Posts
    655

    Default Re: As die poppe dans: 'n ope brief aan die reënboognasie

    Gestuur aan Beeld, Adriaan Basson ,Steve Hofmeyr, Dan Roodt, Sunette Bridges, en op fb en twitter.

  3. #3
    Banned
    Join Date
    Aug 2012
    Location
    Stella
    Age
    46
    Posts
    10,870

    Default Re: As die poppe dans: 'n ope brief aan die reënboognasie

    Netjies

  4. #4
    User
    Join Date
    Sep 2013
    Location
    East Rand
    Posts
    466

    Default Re: As die poppe dans: 'n ope brief aan die reënboognasie

    Mooi gedoen.

  5. #5

    Default Re: As die poppe dans: 'n ope brief aan die reënboognasie

    Baie goed net jammer nie ook in ten minste engels ook in in die Sowetan en 'n paar ander swart tydskrifte nie.

    Wel deurdagte artikel. Dankie

  6. #6
    User
    Join Date
    Feb 2011
    Location
    Where is my mind..?
    Posts
    13,357

    Default Re: As die poppe dans: 'n ope brief aan die reënboognasie

    Dis "loods", met 'n f@kken "d".

    ;o)

    Goeie skrywe - hoop die koerant(e) plaas dit.

  7. #7
    User
    Join Date
    Jul 2009
    Location
    Doornpoort/Pretoria
    Age
    46
    Posts
    655

    Default Re: As die poppe dans: 'n ope brief aan die reënboognasie

    Hy is in engels ook....ek sal hom stuur...het begin in engels...snaaks genoeg... sal 'looDs' regmaak! :-p

  8. #8

    Default Re: As die poppe dans: 'n ope brief aan die reënboognasie

    Ek dink baie van ons voel die selfde as jy hieroor... Maar dis skrikwekkend hoeveel liberale skape daar buite rond loop...

  9. #9
    User
    Join Date
    Jul 2009
    Location
    Doornpoort/Pretoria
    Age
    46
    Posts
    655

    Default Re: As die poppe dans: 'n ope brief aan die reënboognasie

    Inderdaad...

  10. #10
    Banned
    Join Date
    Nov 2012
    Location
    harties...If you are reading this, thank a teacher. Since its in English, thank a soldier.
    Age
    51
    Posts
    1,539

    Default Re: As die poppe dans: 'n ope brief aan die reënboognasie

    I am a half breed (dad afrikaans, mother english). i went to a english school. my wife is afrikaans (boere miesies is die beste ). my kids go to an afrikaans school.
    i do find myself when i listen to 'english' people these days thinking more more often...WTF is wrong with you people, are you really such a bunch of ignorant, head in the sand, ass kissing p#ssies?
    present gunsite english people excluded of course.
    liberalism has become a bloody disease.

Page 1 of 2 1 2 LastLast

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •