Results 1 to 3 of 3
Thread: Man shoots robber
-
04-12-2014, 12:56 #1User
- Join Date
- Oct 2011
- Age
- 54
- Posts
- 3,661
Man shoots robber
Only in afrikaans. They say the suspect was hit in the chest, so hopefully he will not be in trouble for shooting a robber that ran away in the back.
http://www.netwerk24.com/nuus/2014-1...rsie-gebuit-is
68-jarige skiet grypdief dood ná beursie gebuit is
DeurBuks Viljoen Donderdag 04 Desember 2014 12:20 vm.
Lappies Labuschagne, wat gister ’n grypdief in Standerton doodgeskiet het toe dié sy vrou, Mossie, se beursie gesteel het. Foto's: Jannie Degenaar
Omstanders by die trappe waar die grypdief gister in Standerton doodgeskiet is. Hy het ’n 73-jarige vrou se beursie met R1 000 in gesteel voordat die slagoffer se man hom doodgeskiet het.
'n 68-jarige pensioentrekker van Standerton het Woensdag ’n grypdief doodgeskiet wat met sy 73-jarige vrou se beursie met R1 000 daarin vort is.
“Ek het ’n groot operasie aan my been gehad, het baie pyn en loop nou baie moeilik. As ek die donder kon inhardloop, sou ek dit eerder gedoen het,” het Lappies Labuschagne Woensdag aan Beeld gesê.
Hy en sy vrou, Mossie, en hul kleinseun Jander (12) was die oggend op pad na Heidelberg, Gauteng, waar hulle ’n vermoorde vriend se begrafnis sou bywoon.
Labuschagne, wat jare lank ’n polisiereservis was, het gister vertel hy het sy vrou en Jander eers by die haarkapper afgelaai.
Hy wou gou by ’n duikklopper in die dorp aangaan om ’n onderdeel te koop.
Ná die transaksie het hy in sy motor teruggeklim, maar gesukkel om die motordeur gesluit te kry.
“Ek het gesien die deur aan my vrou se kant wou nie sluit nie en het uitgeklim, om die motor geloop en die knoppie ingedruk.”
“As ek die donder kon inhardloop, sou ek dit eerder gedoen het. ”
Toe hy terugklim in die motor het hy gesien hoe ’n man op die passiersdeur afstorm en die deur ooppluk.
“Ek is oortuig daarvan hy het die afstandbeheer van ’n skuifhek gebruik om te keer dat die motor se sentrale sluitmeganisme behoorlik werk.”
Die grypdief het Mossie se handsak waar dit op die motor se vloer gelê het, gegryp.
Hy het die beursie daaruit gesteel en weggehardloop.
Daar was onder meer R1 000 wat die egpaar kort tevore by die bank getrek het in die beursie.
Labuschagne het sy rewolwer gegryp, op die grypdief losgebrand en hom raak geskiet terwyl hy teen ’n steil stel trappe in ’n beboste gebied in probeer weghardloop het.
Hy is blykbaar in die bors getref en op slag dood.
“My vriend (van Heidelberg) is juis Saterdag vermoor en omdat ons maar skikkerig was, het die tannie gesê ek moet eerder my vuurwapen saamvat.
“Die rewolwer was in die (sy)kassie van die deur en ek kon dit vinnig uitpluk.”
Die polisie het gesê ’n klag van moord word teen Labuschagne ondersoek.
Omstanders en ooggetuies wat die voorval gesien gebeur het, het aan die polisie gesê die oorledene se voornaam is Bongani en dat hy ’n misdaadverdagte is na wie die polisie lankal soek. Hy en sy bende teister mense in dié dorp glo al lank.
’n Plaaslike stadsraadslid Johannes van der Wath is verlede Vrydag glo deur dieselfde man voor sy winkel van ’n selfoon beroof.
Voor dié rooftog was Van der Wath besig om selfoonfoto’s van die bendelede, onder wie Bongani, te neem.
Toe die bende sien hy neem die foto’s, het hulle hom aangeval en die selfoon gesteel.
Sy selfoon is egter só opgestel dat dit die foto’s onmiddellik na sy skootrekenaar stuur.
Hy het die foto’s aan die polisie gegee om die verdagtes mee te identifiseer.
-
04-12-2014, 13:14 #2User
- Join Date
- Oct 2011
- Location
- JHB
- Posts
- 3,749
Re: Man shoots robber
-
04-12-2014, 13:16 #3User
- Join Date
- Oct 2011
- Age
- 54
- Posts
- 3,661
Similar Threads
-
Robber shoots robber friend
By PCfanatic in forum General DiscussionReplies: 19Last Post: 21-10-2015, 12:07 -
man shoots armed robber
By unclesam in forum Lives and Property successfully defended with gunsReplies: 9Last Post: 18-05-2012, 09:42 -
Cop shoots robber through hostage
By curious george in forum General DiscussionReplies: 7Last Post: 29-08-2011, 08:52






Bookmarks