Results 1 to 4 of 4
-
10-04-2015, 16:42 #1
- Join Date
- Jun 2013
- Location
- Weltevredenpark, Johannesburg
- Age
- 43
- Posts
- 276
Successful self defense (Unfortunately Afrikaans only)
Link here: http://webcache.googleusercontent.co...&ct=clnk&gl=za
Glad they made it. Hopefully from now on he will keep his firearm out of the safe though..
’n Jong tegnikus van Polokwane het tydens ’n verbete stryd met twee inbrekers een van hulle doodgeskiet nadat hy met ’n hamer geslaan en met ’n mes gesteek is.
Sean Bates (19) sê hy voel sleg oor die lewe wat hy geneem het, “maar dit was óf dit óf ek en my ma was dood”.
Sean en sy ma, Sandra (53), is Donderdagoggend net ná 03:00 op ’n hoewe in die Tweefontein-gebied buite die stad oorval. Twee mans het die diefwering voor ’n venster van die sitkamer oopgesny. “Mense moet asseblief paraat wees en wakker slaap,” sê Sean.
Die twee inbrekers het Sean se kamerdeur met ’n hamer oopgebreek en op hom afgestorm waar hy op sy bed geslaap het.
“Dit was ’n chaos. Alles het baie vinnig gebeur. Ek het hulle probeer wegskop, maar een het my met ’n hamer op my neus geslaan.”
Die ander man het begin om ’n skootrekenaar, selfoon en tablet in ’n sak te pak.
Sean het sy hande in die lug gehou om te wys hy sit hom nie teë nie. Sandra het van die rumoer wakker geword en geskreeu om te hoor of Sean “oukei” is.
Die mans het na haar kamer gehardloop en sy het die deur probeer toedruk.
Die bloed het by Sean se neus uitgestroom.
“Dit is toe dat ek my pistool uit die kluis gekry het. Ek het ’n waarskuwingskoot geskiet.”
Die inbrekers wou nie bes gee nie en het weer op Sean afgestorm.
“Ek het nog ’n skoot geskiet en een van die mans raakgeskiet.”
Al was die een man gewond, het hy en sy makker Sean op sy bed teruggegooi, hom vasgedruk en probeer om sy pistool te vat.
“Een het my met ’n mes agter my kop en op my linkerelmboog gesteek.”
Sandra het by die kamer ingestorm en probeer om die mes te gryp.
“Een van die mans het my in ’n stadium selfs met ’n DVD-speler oor die kop geslaan.”
Sean het vir sy ma geskreeu om “uit die pad te kom” en sy het agter sy bed ingespring.
“Ek het nog ’n skoot geskiet.”
Die gewonde inbreker is ’n tweede keer getref. Die twee mans het toe by dieselfde venster waar hulle ingebreek het, uitgespring en gevlug. Sean het die polisie en die Tweefontein-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) gebel.
Kapt. Ntobeng Phala, polisiewoordvoerder, sê hulle het die lyk van ’n 30-jarige man in die tuin gekry.
“Hy is in sy bors geskiet. Die ander man het met die gesteelde goed gevlug en word deur die polisie gesoek.”
Phala sê ’n geregtelike doodsondersoek word gedoen en ’n klag van inbraak word ondersoek.
-
10-04-2015, 16:45 #2
- Join Date
- Sep 2014
- Location
- Pretoria
- Age
- 39
- Posts
- 1,519
Re: Successful self defense (Unfortunately Afrikaans only)
Daan beat you to it http://www.gunsite.co.za/forums/show...in-farm-attack . Maybe post this news report in that thread.
-
11-04-2015, 01:23 #3
- Join Date
- Mar 2014
- Location
- Pretoria
- Age
- 33
- Posts
- 2,194
Re: Successful self defense (Unfortunately Afrikaans only)
Ai tog, when will people learn that a FA in the safe is useless in a defensive situation? He got damn lucky to have an opportunity to take out the FA from the safe. He also seemed a bit too focused on "warning shots" rather than lethal defensive shots. This could have ended badly if the BGs took his pistol, which they almost succeeded in...
Nevertheless, thumbs up for this young man and his will to fight and not give up!
-
11-04-2015, 02:06 #4
- Join Date
- Jan 2012
- Location
- Waterkloof
- Age
- 44
- Posts
- 1,155
Re: Successful self defense (Unfortunately Afrikaans only)
Plus, two shots and the BG was still functional. Just in case anyone forgets about what a pistol will and won't reliably do
Similar Threads
-
Another successful self-defence shooting
By Thorkind in forum Lives and Property successfully defended with gunsReplies: 17Last Post: 03-06-2015, 21:16 -
Another successful story
By Vega5 in forum Home, Vehicle and Personal SecurityReplies: 2Last Post: 14-05-2015, 11:01 -
Near Successful Pretoria Hijacking
By Hawkeye ZAR in forum General DiscussionReplies: 2Last Post: 28-01-2015, 11:01 -
Successful Use of Firearms in Self Defense
By Gunservant in forum Gun Free South Africa - The TruthReplies: 70Last Post: 18-03-2013, 20:00 -
Successful Aim-Wild Expo
By THE BIG SHOT in forum General DiscussionReplies: 0Last Post: 29-03-2011, 11:04
Bookmarks