Results 1 to 3 of 3
Thread: Koedoe Wildspastei
-
12-07-2015, 14:15 #1
- Join Date
- Jan 2011
- Location
- George - Western Cape
- Age
- 40
- Posts
- 6,275
Koedoe Wildspastei
Sorry mense maar ek gaan nou nie die hele ding oor tik in Afr nie.
Uiters suksesvolle Wildspastei.
Ek het nou nie n saak met wie wat se nie, maar wildsvleis is droog net so. Boer maak n plan.
Koedoe is in die pot gesit vir n paar ure saam met
5 Naeltjies
Stewige skoot swartpeper
3 loerierblare
Sodra hy lekker sag is sny van die been af.
Dan, in n skoon pot.
1 groot ui
1 teelepel knoffel
2 fyngekapte wortels
1 koppie ertjies
2 klein aartapels in blokkies
1 pakkie bacon...kies een met n stewige vetjie aan. Ek hou van "rashers"
2 van daai Knorr Stock Pots Beef geur. Daai goed is fantasties vir souse en stews.
1 blikke Guinness of ander moutbier.
Braai die groente en bacon saam, gooi dan die vleis in en so halwe blik van die Guinness, die 2 Stock Pots en genoeg water om die vleis so net net weer te bedek.
Kook op stadige hitte tot die water weggekook is en hy so lekker pastei tekstuur het. Ek het myne oornag laat staan. Toe ek hom vanoggend roer toe blink hy mooi en ek weet hy het genoeg vet en vog.
In die plat bak, sommer Checkers Puff Pastry bo op. Verf die deeg met regte botter dat hy bruin word. Ek gooi altyd so eetlepel growwe sout op my deeg dan raak hy erg bros en hy gee so skop as jy hom byt.
Hierdie pastei het geloop soos n muishond met nuwe stoukies!
-
12-07-2015, 18:40 #2
- Join Date
- Jan 2011
- Location
- Port Elizabeth
- Age
- 50
- Posts
- 237
Re: Koedoe Wildspastei
Daai lyk nou grand.
Ek gaan hom probeer.
Dankie vir die deal.
-
21-07-2015, 20:19 #3
- Join Date
- Sep 2011
- Location
- Nearly in Gauteng
- Age
- 57
- Posts
- 484
Re: Koedoe Wildspastei
Dit lyk awesome, hoeveel kg koedoe vleis het jy gebruik
Gaan hom beslus bou.
Bookmarks